# Ondersteuners van die Palestina-Solidariteit Veldtog sal vandag by die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad byeenkom vir ’n Nakbadag-optog. Die geleentheid, word al vir 77 jaar herdenk sedert die 1948-verplasing van meer as 700-duisend Palestyne en is deel van ’n wêreldwye solidariteitsbeweging. Die veldtogkoördineerder, Usuf Chikte, sê die optog sal ’n permanente wapenstilstand in Gaza en ’n verbod op wapenverkope aan Israel eis. Hy het Suid-Afrikaners aangemoedig om pogings te steun om die voortgesette humanitêre krisis te beëindig.
Nakbadag-optog vandag by Kasteel van Goeie Hoop in solidariteit met Palestyne