# Die parlementêre komitees oor Justisie en Polisie het aanbeveel ʼn ad hoc-komitee word aangestel om KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings te ondersoek. Hy beskuldig die minister van Polisie, Senzo Mchunu, van korrupsie en politieke inmenging by hoëprofielondersoeke. Die ad hoc-komitee word volgende week amptelik aangestel. Die polisiekomitee se voorsitter, Ian Cameron, sê ʼn dringende uitslag oor die bewerings is noodsaaklik om die integriteit en reputasie van die hele strafregstelsel te beskerm:
’n Parlementêre ad hoc-komitee moet Mkhwanazi se bewerings ondersoek [KLANK]
ENG CameronOnChanges