Skip to content

‘n Navorser sê die G20 se kritieke minerale raamwerk sal wêreldverbintenis tot klimaatgeregtigheid toets

# ‘n Navorser van die Universiteit van Kaapstad sê onderhandelinge oor die G20-konsep-raamwerk vir kritieke minerale is ‘n sleuteltoets vir wêreldwye verbintenis tot klimaatgeregtigheid. Doktor Neil Overy is van mening dat Afrika, wat ryk is aan noodsaaklike minerale, nie slegs onverwerkte minerale moet uitvoer nie. Hy sê infrastruktuur, tegnologie-oordrag en vaardigheidsontwikkeling behoort sentraal te staan in die raamwerk. Overy sê die raamwerk, wat deur die Afrika Groen Minerale Strategie en VN-klimaatgeregtigheidsbeginsels gelei moet word, moet ook onwettige uitvoere aanspreek, omgewingsregte afdwing en industrialisering voorop stel.