# ‘n Ekonoom van Aluma, Frederick Mitchell sê Suid-Afrika se toekoms hang af van beslissende optrede vir ekonomiese vryheid, eiendomsreg en beperkte regeringsingryping. Die graderingsagentskap Moody’s het gewaarsku dat die huidige inisiatiewe onvoldoende is om die land te stuur na die regering se ambisieuse teiken van 3,5-persent jaarlikse groei teen 2030. Mitchell sê die ontsluiting van die land se 1,8-duisend-miljard-rand in sakekontantreserwes, die hervorming van die regulatoriese raamwerk en die uitbreiding van handelsgeleenthede is nie bloot voorstelle nie; dit is noodsaaklikhede.
‘n Ekonoom sê Suid-Afrika benodig ‘n gewaagde nuwe bloudruk vir volhoubare groei