Skip to content

Mynwerkersunie sluit vyfjaar-loonooreenkoms met Gold Fields South Deep

# Die Nasionale Mynwerkersunie het ‘n vyfjaarloonooreenkoms met Gold Fields South Deep Mine in Westonaria, Gauteng, onderteken wat tot Februarie 2031 vir werkers geld. Die ooreenkoms sluit in salarisverhogings bo inflasie, hoër intreevlaklone, aanpassings aan voordele en ‘n eenmalige kontantaansporing van tot 50-duisend-rand vir kwalifiserende werknemers. Na suksesvolle onderhandelinge met die maatskappy, sê NUM die ooreenkoms bied langtermyn werksekerheid en bestendigheid vir werkers.