Skip to content

Mynboubedryf vra samewerkende benadering vir gemeenskapsontwikkeling

# Die Minerale Raad van Suid-Afrika sê mynmaatskappye moet saamwerk om blywende voordele vir gemeenskappe te lewer in plaas daarvan om op individuele maatskaplike en arbeidsplanne staat te maak. Die uitvoerende hoof van die raad, Mzila Mthenjane, sê hoewel die bedryf sedert 2004 meer as 100-miljard-rand in gemeenskapsprojekte belê het, is meer gekoördineerde pogings nodig om armoede, werkloosheid en swak infrastruktuur aan te pak. Mthenjane sê sterker vennootskappe met die regering en ander belanghebbendes is nodig om werk te skep en plaaslike ekonomieë te laat groei.