# Elon Musk se elektriese motorvervaardiger Tesla waarsku sy produk, en die van ander Amerikaanse uitvoerders kan benadeel word deur lande wat wil wraak neem oor Donald Trump se handelstariewe. Musk en Trump is noue bondgenote. Tesla het gesê hy is bekommerd Amerikaanse uitvoerders word blootgestel aan buitensporige maatreëls, indien ander lande vergelding soek. Die Amerikaanse president het ‘n bykomende 20-persent tarief op alle invoere uit China ingestel, wat Beijing aangespoor het om met sy eie heffings te reageer, insluitend op motors. China is Tesla se tweede grootste mark ná die VSA.
Musk se motorvervaardiger Tesla waarsku oor Trump se tariewe