# SpaceX is gereed om die Starship-mega-vuurpyl op sy volgende toetsvlug te stuur. Die vuurpyl is die spil waarom Elon Musk se Mars-ambisies draai, met die laaste twee lanserings wat ontplof het. Daar is vanaand ‘n lanseervenster oop by SpaceX se Starbase-fasiliteit in Texas. Met ‘n hoogte van 123 meter is Starship die grootste en kragtigste lanseervuurpyl ooit. Musk hoop om met behulp van Starship die mensdom in staat te stel om op veelvuldige planete te woon. NASA maak intussen staat op ‘n Starship-variant om ‘n Amerikaanse bemanning veilig Maan toe en terug te stuur.
Musk se Starship-mega-vuurpyl word vanaand lanseer