Skip to content

Musikante-vakbond veroordeel Donald Trump se aanvalle op Taylor Swift en Bruce Springsteen

# ‘n Amerikaanse musiekvakbond is woedend oor president Donald Trump se aanlyn tirades teen Taylor Swift en Bruce Springsteen. Trump kritiseer Swift al sedert sy Kamala Harris ondersteun het tydens die presidentsverkiesing. Springsteen het Trump se administrasie gekritiseer op ‘n onlangse konsert in Manchester, Engeland, waarop Trump gesê Springsteen is so dom soos ‘n klip. Die president van die Amerikaanse Federasie van Musikante, Tino Gagliardi, sê Springsteen en Swift is briljante musikante en internasionale rolmodelle met die reg tot vryheid van uitdrukking.