Skip to content

Mpumalanga-polisie lê beslag op R4-miljoen se dagga naby Eswatini-grens

# Mpumalanga se polisie het in Tonga naby die grens met Eswatini beslag gelê op 630-kilogram dagga ter waarde van meer as vier-miljoen-rand. Woordvoerder Mpho Nonyane-Mpe sê beamptes het ‘n vragmotor en sleepwa met Eswatini-nommerplate deursoek en 49 sakke dagga ontdek. ‘n Verdagte is in hegtenis geneem. Die polisie het ook die vragmotor afgeneem, wat na bewering aan ‘n logistieke maatskappy in Eswatini behoort. Nonyane-Mpe sê die operasie is daarop gemik om oorgrens-dwelmhandel te ontwrig en te verhoed dat onwettige dwelms Suid-Afrika binnekom.