Skip to content

Motorsport: Bekende Suid-Afrikaanse renjaer Robert Wolk in Kemptonpark doodgeskiet

# Motorsport: Die bekende Suid-Afrikaanse renjaer, die 41-jarige Robert Wolk, is in Kemptonpark, Ekurhuleni, doodgeskiet. In sy loopbaan van byna drie dekades het hy sukses behaal in items soos knortjorre, toermotors en ander baanwedrenne. Sy prestasies sluit in die Suid-Afrikaanse Junior Knortjor-kampioenskap-titels in 1995 en 1997, en talle Formule Ford-kampioenskappe. Hy het vanjaar sy tweede Simola Hillclimb-titel as “King of the Hill” opgeraap. Motorsport Suid-Afrika sê Wolk se dood laat ʼn groot leemte in die sport.