# Die voormalige president Kgalema Motlanthe het die VSA beskryf as ‘n wêreldmoondheid wat onder onvoorspelbare leierskap kwyn. Motlanthe het na hy by die Killarney Country Club gestem het, kommentaar gelewer op Washington se uitsluiting van Suid-Afrika van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Hy het gesê die VSA het die reg om te besluit watter lande toegang tot sy markte kry, sonder om noodwendig grondige redes daarvoor te verskaf. Motlanthe sê president Donald Trump weerspieël die verval van die Amerikaanse imperiale mag:
Motlanthe beskryf die VSA as ’n kwynende wêreldmoondheid [KLANK]
ENG-MotlantheOnMadTrump