# Die polisie in Mpumalanga het ‘n moordondersoek geopen nadat lykskouings uitgevoer is op die liggame van twee jongmense van Johannesburg wat Maandag in ‘n gastehuis in Sabie gevind is. Die 17-jarige graad 11-leerder van St Stithians, Cameron Waldeck-Cook, is verwurg, en die 19-jarige Ethan Coetzee, wat verlede jaar aan dieselfde skool matrikuleer het, het waarskynlik selfdood gepleeg. Die owerhede sê ondersoeke duur voort om die omstandighede rondom die voorval te bepaal. Die skool het berading verskaf aan leerders en personeel.
Moordondersoek geopen ná dood van twee Johannesburgse tieners in Mpumalanga