# Die graderingsagentskap, Moody’s, verwag Suid-Afrika se ekonomie sal oor die volgende twee jaar met minder as 1,5-persent per jaar groei. Dis minder as die byna 5-persent wat vir Afrika suid van die Sahara voorspel word. Moody’s sê hy verwag Amerikaanse tariewe sal slegs ʼn matige uitwerking op die land hê, maar kleiner aanvraag uit belangrike markte soos China sal groei belemmer. Hy sê politieke, maatskaplike en ander beperkings kniehalter die pas waarteen basiese krediet verbeter. Moody’s sê die plaaslike verkiesing in 2026 kan die bestendigheid van die land se koalisieregering toets.
Moody’s verwag Suid-Afrika se ekonomie sal volgende twee jaar minder as 1,5% groei