# Die graderingsagentskap, Moody’s, verwag van die regering van nasionale eenheid om ʼn ooreenkoms te bereik wat sal toelaat dat die begroting aanvaar word. Sommige partye, insluitend die DA, het die gewysigde begroting verwerp al het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, die voorgestelde BTW-verhoging verminder. Moody’s sê die voortgesette wrywing in die regering beteken daar sal steeds veranderinge aan ʼn paar fiskale maatreëls aangebring word voordat die Parlement die begroting goedgekeur. Hy sê hy verwag die begroting se algehele fokus sal op fiskale konsolidasie bly.
Moody’s verwag regering sal skikking bereik om begroting te aanvaar