# Die graderingsagentskap Moody’s sê Suid-Afrika is in ʼn negatiewe siklus waar hoë leningskoste belegging ontmoedig, groei belemmer en skuldkoste verder verhoog. Die agentskap plaas die land se buitelandse en plaaslike langtermynskuld op Ba2 met ʼn bestendige vooruitsig. Moody’s sê hoewel beleid wat fiskale en ekonomiese kwessies betref verbeter, sal dit weens probleme om dit in te stel, tyd neem om resultate te toon. Hy sê die probleme hou verband met die ingewikkeldheid van strukturele hervorming, verskanste privaat belange en die moeilike politieke landskap onder die koalisieregering.
Moody’s sê Suid-Afrika se hoë leningskoste ontmoedig belegging en belemmer groei