# Die graderingsagentskap Moody’s het die Stad Johannesburg se kredietgradering op hersiening geplaas vir ‘n moontlike afgradering,as gevolg van kommer oor bestuurs- en likiditeitsrisiko’s. Dit volg na die opskorting van die stad se effekte deur die Johannesburgse Effektebeurs na vertragings met die publikasie van geouditeerde finansiële state. Volgens News24 sê Moody’s die besluit het markvertroue verswak en die stad se vermoë om nuwe skuld te verkry of bestaande verpligtinge te herfinansier, kan beperk word.
Moody’s plaas Stad Johannesburg op hersiening vir kredietafgradering