Skip to content

Moody’s gaan ontwerp van Suid-Afrika se voorgestelde formele fiskale anker streng dophou

# Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, sê hy sal die Suid-Afrikaanse regering se ontwerp van sy fiskale anker noukeurig ondersoek, insluitend moontlike uitsonderings wat in die raamwerk vervat is. Die minister van Finansies, Enoch Godong­wana, sal na verwagting besonderhede aankondig van ʼn amptelike fiskale anker om die regering se lenings en besteding te beperk, wanneer hy môre die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring lewer. Moody’s se visepresident, Evan Wohlmann, sê hulle sal ook ontleed hoe vinnig die regering enige afwyking van die anker moet regstel. Die agentskap het Suid-Afrika se krediet-uitkyk na positief aangepas.