Skip to content

Monetêre beleidskomitee stem om terugkoopkoers op 7% te hou [KLANK]

# Die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank het besluit om die terugkoopkoers op 7-persent en die prima uitleenkoers op 10.5-persent te hou. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die besluit, wat deur vier van die ses komiteelede ondersteun word, weerspieël die verwagting dat inflasie in die komende maande sal styg, en ‘n hoogtepunt van vier-persent sal bereik. Hy dui aan dat die bank verwag dat die inflasiekoers vanjaar gemiddeld 3,4-persent sal wees en volgende jaar gemiddeld 3,6-persent:

ENG-KganyagoOnRates