Skip to content

Mkhwanazi verwerp bewerings van politieke doelwitte met taakspan oor politieke moorde [KLANK]

# Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi sê die skep van die Taakspan vir Politieke Moorde was nie polities gemotiveer nie, maar ’n uitvoerende besluit om die toename in politieke moorde in die provinsie aan te spreek. Tydens getuienis voor die parlement se ad hoc-komitee wat beweerde politieke inmenging in polisiewerk ondersoek, het Mkhwanazi gesê die span is op die been gebring ingevolge president Cyril Ramaphosa se 2018-bevel. Hy het bewerings ontken dat politieke agendas die taakspan se ontstaan en ontbinding beïnvloed het:

ENG MkhwanaziOnEstablishment