# Die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die taakmag wat politieke moorde ondersoek het ongekende sukses behaal met hoë opsporings- en skuldigbevindingkoerse, en het later sy bedrywighede na die Oos-Kaap uitgebrei. Mkhwanazi het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria verduidelik die eenheid is geherstruktureer in 2018 as ‘n nasionaal-geïntegreerde span met 139 polisielede en is befonds deur die nasionale begroting. Hy getuig dat politieke moorde dikwels aan ander misdaad gekoppel kan word:
Mkhwanazi onthul hoe taakmag politieke moorde in KZN en ander dele beveg het [KLANK]
ENG MkhwanaziOnTaskTeam