# Die saak teen die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en die stadsbestuurder, Kagiso Lerutla in die Boksburg-landdroshof, is tot Junie uitgestel. Die saak is nou na die streekhof oorgeplaas op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling. Hulle het na bewering ‘n plan beraam waar ‘n derde party 400-duisend-rand betaal is om vir ‘n verkeersoortreding in die hof te maak of hy Lerutla is. Hul regspan sê hulle berei voor vir die verhoor terwyl hulle wag op toegang tot die saakdossier.
Mkhwanazi, Lerutla-saak na streekshof oorgeplaas