# Die voorsitter van die Portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize vra vir addisionele beskerming vir beamptes wat sensitiewe ondersoeke behartig. Mkhize het aan Newzroom Afrika gesê die owerhede moet amptenare wat sensitiewe sake ondersoek, beskerm teen dreigemente en geteikende aanvalle. Dit volg op die moord van ‘n senior ouditeur van die Stad Ekurhuleni, Mpho Mafole. Mkhize beklemtoon dat fluitjieblasers en ondersoekbeamptes beskerm moet word om aanspreeklikheid te handhaaf en korrupsie te beveg: