# Die DA moes ‘n wyk aan die MK-party in KwaZulu-Natal afstaan, maar het sy setel in Gauteng behou. Die Verkiesingskommissie het aangekondig Martin Brown van die DA het die tussenverkiesing in wyk 6 in die Rand-Wes- munisipaliteit gewen. Die stempersentasie was slegs 27-persent. In KwaZulu-Natal het Mandla Biyela van MK die tussenverkiesing in wyk 110 in die Ethekwini Munisipaliteit gewen. Die stempersentasie was slegs 33,5-persent. Die DA het hierdie setel in 2021 se plaaslike regeringsverkiesing gewen.
MK-party wen DA-setel in Ethekwini, maar DA behou setel in Gauteng