Skip to content

MK-party vra regering om dringend in te gryp na aanhouding van ses Suid-Afrikaners

# Die MK-party het ‘n beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp nadat Israelse magte ses Suid-Afrikaners wat aan boord van die Global Sumud Flotilla was, aangehou het. Hulle was deel van ‘n groep van sowat 100 aktiviste wat probeer het om van Turkye na Gaza te vaar om die Israelse blokkade teen die kus te breek en hulp te verleen. Die MK-party sê Israelse magte se voortgesette aggressie teen humanitêre inisiatiewe wys hul toenemende minagting van internasionale reg, humanitêre beginsels en basiese menswaardigheid.