# Die MK-party se regsgeding om die Madlanga-kommissie van ondersoek te verhoed, is van die rol geskrap. Die kommissie ondersoek die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Leier Jacob Zuma en die MK-party het die hof versoek om die saak op ‘n tegniese punt nie van die hand te wys nie. Advokaat Dali Mpofu, wat die party verteenwoordig, het president Cyril Ramaphosa beskuldig dat hy probeer het om te verhoed dat die saak se meriete aangehoor word. Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis die saak is nie dringend nie.
MK-party se hofgeding teen Madlanga-kommissie is van die rol geskrap