# Die MK-party het ‘n wyk by die ANC afgeneem in gister se tussenverkiesing in Saldanhabaai in die Wes-Kaap. Mzwandile Biko van MK is nou die raadslid van wyk 1 en die party se eerste raadslid in die provinsie. Die party het 36,3-persent van die stemme gewen. In tussenverskiesings wat in Johannesburg en in die Joe Morolong Munisipaliteit in die Noord-Kaap gehou is, het die ANC hulle setels behou.
MK-party neem setel by ANC af in tussenverkiesing in Saldanhabaai