Skip to content

MK-party dien mosie van wantroue in teen minister Godongwana

# Die MK-party het ʼn amptelike mosie van wantroue teen die minister van Finansies, Enoch Godongwana, by die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, ingedien. Die party voer aan die minister het die BTW-kwessie roekeloos en verkeerd hanteer. Godongwana het die omstrede BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte Woensdag geskrap. Die MK-party sê die minister se versuim om duidelikheid en leierskap oor die BTW-kwessie te toon, het verwarring gesaai in markte, paniek onder armes en klein ondernemings veroorsaak en onsekerheid in ʼn reeds swak ekonomie gebring.