# Die MK-party sê president Cyril Ramaphosa se reaksie op bewerings van politieke inmenging deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi weerspieël polities gedrewe optrede. Die party het in die Konstitusionele Hof aangevoer Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas, toon dat hy politieke bondgenote beskerm. Die MK se regsverteenwoordiger, Anton Katz, het aan die hof gesê dit kom neer op ongelyke behandeling, na die ontslag van die voormalige adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield:
MK-party beskuldig Ramaphosa van polities-gedrewe optrede in reaksie op Mkhwanazi-bewerings [KLANK]
ENG KatzOnSelectiveAction