# Die MK-Party in Gauteng hou vandag in Johannesburg ‘n vreedsame optog, om op die beskerming van burgers en kwesbares aan te dring. Woordvoerder van die party, Abel Tau sê dit maak deel uit van ‘n breër veldtog om Vrydag die provinsie lam te lê en eindig met ‘n betoging by die Uniegebou in Pretoria. Tau sê die optog volg na die onthullings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nthlanthla Mkwanazi, oor die beweerde misdadige elemente wat die staat beheer. Die party beskuldig president Cyril Ramaphosa dat hy korrupte bondgenote binne die veiligheidsgroepering beskerm.
MK-party beplan optog vir geregtigheid te midde van dramatiese polisie-onthullings