Skip to content

MK-optog dring aan op arrestasies oor Mkhwanazi-bewerings

# Die Metropolisie in Tshwane sê verskeie strate, insluitende Paul Krugerstraat, Madibastraat, en Nelson Mandela-Rylaan in Pretoria sal vandag geraak word deur ’n MK-optog. Die optog na die Uniegeboue is ter ondersteuning van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en vra vir die aanhouding van diegene wat by politieke inmenging in polisiewerk geïmpliseer word. Polisie sal ontplooi word om die optog te monitor en openbare veiligheid te verseker.