# Die Pretoriase Landdroshof het ‘n Artikel 63-aansoek deur die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo en twee medebeskuldigdes om borgtogvoorwaardes te wysig en terug te keer werk toe, van die hand gewys. Khumalo, Precious Madondo en Josias Lekalakala mag nie na diens terugkeer nie. Khumalo en ses medebeskuldigdes is in Junie in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie oor die aanstelling van Dineo Mokwele in ‘n senior uitvoerende posisie sonder kwalifikasies. Mokwele staan tereg op aanklagte van die vervalsing van haar CV. Die korrupsiesaak is uitgestel tot 13 Februarie volgende jaar.
Misdaadintelligensie-hoof se poging om terug te keer werk toe, deur Landdroshof afgewys