Die Motorbedryf-personeelvereniging doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om bates wat met die Bosasa-korrupsieskandaal verband hou, insluitend dié wat in die buiteland gehou word, op te spoor. Dit volg na ‘n bevel deur die Hooggeregshof in Pretoria wat ‘n voormalige Bosasa bestuurder, Angelo Agrizzi, gelas om 1,6-miljard-rand aan die staat terug te betaal. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola sê almal wat omkoopgeld ontvang het of daaruit voordeel getrek het, moet ook verantwoordelik gehou word:
MISA vra NVG om Bosasa-bates plaaslik en oorsee te konfiskeer [KLANK]
ENG PhakamileOnBosasaAssets