Skip to content

Ministers van Onderwys bied vroeë kinderversorging- en onderwys-seminaar aan voor G20-vergadering

# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en haar adjunk, Reginah Mhaule, bied ‘n seminaar in Noordwes aan oor die bevordering van toegang tot gehalte vroeë kinderversorging en -onderwys. Die geleentheid sal vernuwende strategieë ondersoek om die toeganklikheid van onderwys te verbeter. Die seminaar gaan die vergadering van die G20-onderwyswerkgroep vooraf, wat môre en Donderdag plaasvind.