# Die Ministerie van Verdediging en Militêre Veterane sê minister Angie Motshekga het die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, se reis na Iran gemagtig. Maphwanya se goedkeuring van Iran se standpunt oor Gaza het kritiek ontlok, met president Cyril Ramaphosa wat hom daarvan distansieer het. Woordvoerder Onicca Kwakwa het aan Newzroom Afrika gesê die besoek spruit voort uit ‘n militêre samewerkingsooreenkoms van 2016 oor gesondheid, kuberveiligheid en tegnologie:
Ministerie van Verdediging bevestig SANW-hoof se reis na Iran is goedgekeur [KLANK]
ENG-KwakwaOnTrip