# Die Ministerie van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling sal vandag die media inlig oor die uitstel van die verhore van die Madlanga-kommissie. Die ondersoek na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die regstelsel sou op die eerste van volgende maand begin het, maar die department het nog nie die nodige infrastruktuur bekom nie. ‘n Nuwe aanvangsdatum sal aangekondig word wanneer alles gereed is.
Ministerie van Justisie sal die media vandag inlig oor uitstel van Madlanga-kommissie