# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie sê die Suid-Afrikaanse Hernubare Energie-meesterplan sal industrialisasie en vaardigheidsontwikkeling in die hernubare energiesektor aanmoedig. Die plan, wat verlede week gedurende die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad bekend gestel is, beoog om plaaslike vervaardiging te ondersteun, die waardekettings vir batteryberging uit te brei en die inklusiewe deelname in energie-oorgang te bevorder. Adjunkminister Samantha Graham-Maré sê daar word verwag dat die meesterplan teen 2030 25-duisend werksgeleenthede sal skep:
Ministerie van Elektrisiteit stel Hernubare Energie-meesterplan bekend [KLANK]
ENG SamanthaOnSAREM