# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ‘n openbare verskoning uitgereik aan die skoolhoof van Bergview College, Jaco Pieterse, nadat hy hom verkeerdelik betrek het by die verkragting van ‘n sewe-jarige meisie in Matatiele in die Oos-Kaap verlede Oktober. Gerrie Nel van AfriForum verteenwoordig Pieterse en Mchunu het in ‘n brief aan Nel die fout erken en bevestig Pieterse was nooit ‘n verdagte nie en is ook nie gevra vir ‘n DNS-monster nie. Die voorval het nasionale verontwaardiging ontketen met die “Justice for Cwecwe“-veldtog.
Minister van Polisie vra Matatiele-skoolhoof om verskoning vir vals bewerings oor verkragting