# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het uitgevaar teen dreigemente teenoor die humanitêre groep Gift of the Givers in Mthatha in die Oos-Kaap. Hulle is blykbaar geïntimideer deur lede van die sogenaamde watermafia wat aan munisipale diensverskaffers gekoppel word, terwyl hulle skoon water aan vloedslagoffers gelewer het. Die onlangse oorstromings het 90 lewens geëis en honderde mense is dakloos gelaat. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê die polisie is ook ontplooi om plundering by slagoffers se huise te verhoed:
Minister van Polisie veroordeel dreigemente teen Gift of the Givers in Mthatha [KLANK]
ENG MogotsiOnThreats