# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, het belowe om ferm op te tree ná gewelddadige onrus op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap. Dit volg nadat verskeie studente gister tydens ‘n betoging gewond en een persoon doodgeskiet is. Nkabane het die kampus besoek en haar medelye uitgespreek en ook onderneem om te verseker toepaslike maatreëls word getref om verdere geweld te voorkom: