Skip to content

Minister van Arbeid tree in om Pick n Pay-aflegging van 22 000 werkers te verhoed [KLANK]

# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het ingegryp om te help om die aflegging van meer as 22-duisend werkers by Pick n Pay te verhoed. Dit volg ná ‘n vergadering tussen die onderneming, vakbonde en die regering. Die kleinhandelreus het verlede maand ‘n Artikel 189-kennisgewing uitgereik, wat gelei het tot raadplegings oor moontlike afdankings. Die Ministerie se woordvoerder Thobeka Magcai sê alle partye het ooreengekom om terug te keer na onderhandelings om alternatiewe vir afleggings te bespreek:

ENG MagcaiOnRetrenchments