Skip to content

Minister Tau sê regering het belangrike kwessies wat beleggings verhinder, aangespreek

# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering probeer ʼn omgewing skep wat gunstig is vir belegging. Hy het die globale dinkskrum, The European House – Ambrosetti CEO Community – African Chapter, gister in Sandton, Johannesburg, toegespreek. Tau sê die regering het daarin geslaag om kwessies wat belegging verhinder, aan te spreek. Dit sluit groei in bruto binnelandse produk en ʼn einde aan beurtkrag in. Die minister sê energie, minerale en groen nywerhede is belangrike sektore wat die Suid-Afrikaanse ekonomie sal aandryf.