Skip to content

Minister Steenhuisen sê die regering ondersteun ‘n gekoördineerde benadering in die stryd teen BKS

# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê hy weet van die Hooggeregshof in Pretoria se tussentydse hofbevel oor die verkryging en toediening van bek-en-klouseer-entstof. Die hof het beslis dat boere, voerkrale en melkplase self goedgekeurde entstof teen bek-en-klouseer kan verkry en privaat mag toedien afsonderlik van die staat se inentingskema en sonder die minister se toestemming. Steenhuisen sê die Artikel 10 Dieregesondheidskema bied reeds ‘n raamwerk vir deelname deur private rolspelers in die bedryf. Hy sê die regering het deurentyd ‘n gekoördineerde benadering tot bek-en-klouseer gehandhaaf.