# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê Suid-Afrika se toekoms hang af van staatsinstellings se vermoë om beleid en staatshulpbronne te gebruik om sigbare verbetering in mense se lewens te bring. Sy het gister die 25ste konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Simelane sê menslike nedersettings moet rondom mense se behoeftes ontwikkel. Sy sê ʼn benadering wat die hele regering betrek moet ʼn praktiese metode van lewering word, met alle regering-sfere wat hul begrotings en infrastruktuurprogramme rondom algemene ruimtelike prioriteite gebruik.
Minister Simelane vra ’n meer geïntegreerde benadering tot regeringsbeplanning en dienslewering