# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso as ‘n onwettige persoon in Suid-Afrika verklaar. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê Omotoso het vroeër sy status as ‘n verbode persoon in die hof betwis, en die hof het beslis sy status moet na die departement terugverwys word vir heroorweging. Qoza sê Omotoso is in Oos-Londen in die Oos-Kaap in hegtenis geneem, nadat hy probeer het om die departement se vroeëre aansoek wat hom as ‘n verbode persoon verklaar het, tersyde te laat stel:
Minister Schreiber verklaar Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso as ‘n verbode persoon [KLANK]
ENG SiyaonOmotoso