Skip to content

Minister Ramokgopa sê steenkool sal ruggraat bly van Suid-Afrika se energiestelsel

# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika sal voortgaan om in die afsienbare toekoms steenkool as deel van sy energiemengsel te gebruik. Steenkool-kragstasies wek 85-persent van die land se elektrisiteit op wat Suid-Afrika die grootste vrysteller van kweekhuisgasse in Afrika maak. Ramokgopa sê steenkool sal die energiestelsel se ruggraat bly, nie uit miskenning van klimaatsverpligtinge nie, maar weens ekonomiese en infrastruktuur-werklikhede. Hy sê hulle gebruik tegnologie om steenkoolkragstasies se vrystellings te bekamp.