# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, lei vandag die amptelike oorhandiging van die Vaalputs-kernafvalfasiliteit in die Noord-Kaap. Tydens die oorhandiging word die bedryfsverantwoordelikheid vir die Vaalputs-fasiliteit van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie na die Nasionale Instituut vir die Verwydering van Radioaktiewe Afval oorgedra. Die departement sê Vaalputs speel ʼn strategiese rol in Suid-Afrika se energiesekerheid wat in lyn is met die land se kernenergie-doelwitte saam met steenkool en hernubare bronne.
Minister Ramokgopa lei oorhandiging van Vaalputs-kernafvalfasiliteit