Skip to content

Minister Ramokgopa gaan SA vandag inlig oor elektrisiteitsopwekking en Eskom se huidige uitdagings

# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sal vandag omvattende inligting gee oor die doeltreffendheid van elektrisiteitsopwekking. Dit volg nadat Eskom gister fase twee beurtkrag ingestel het wat tot môre tydens aand-spitsure geld. Die kragverskaffer sê die besluit is geneem weens vertragings met die terugkeer van opwekkingseenhede en onverwagte onderbrekings, wat gelei het tot die verlies van meer as 13-duisend-megawatt krag. Ramokgopa sal na verwagting hierdie terugslae bespreek en planne uiteensit om die netwerk bestendig te maak.