# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika se swak ekonomie en elektrisiteitstariewe maak dit toenemend moeilik vir inwoners om die elektrisiteit wat hulle gebruik, te betaal. Munisipaliteite skuld saam meer as 400-miljard-rand, en hulle skuld Eskom net meer as 100-miljoen-rand. Ramogkopa sê weens klante se onvermoë om te betaal, wend meer inwoners hulle na onwettige verbindings wat druk op die netwerk plaas. Hy sê ʼn belangrike stap om die skuldprobleem aan munisipaliteite op te los, is om toe te slaan op onwettige verbindings.
Minister Ramokgopa sê munisipaliteite kan nie inkomste invorder vir dienste gelewer nie