# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, vra Suid-Afrikaners om die stilte oor geslagsgeweld en vrouemoord te verbreek en mishandeling aan te meld voor dit tot ‘n tragedie lei. Bykans die helfte van alle verkragtings wat in die vierde kwartaal van die vorige boekjaar aangemeld is, het in die huise van die slagoffer of die oortreder plaasgevind. Dit beklemtoon die voortdurende bedreiging van geslagsgeweld agter geslote deure. Pule sê geslagsgeweld en vrouemoord bly een van Suid-Afrika se dringendste maatskaplike uitdagings, ondanks grondwetlike beskerming en ‘n reeks regeringsmaatreëls.
Minister Pule pleit by Suid-Afrikaners om stilte oor geslagsgeweld te verbreek